Luister nou

Nie alle diereskuilings goed vir diere nie

Deur Pretoria FM Nuusspan

Waarskuwing: Hierdie berig bevat sensitiewe beeld en inhoud

 

Die Dierebeskermingsvereniging het sedert Augustus verlede jaar verskeie gevalle ondersoek van sogenaamde diere-reddingsorganisasies, wat as niewinsgewende organisasies geregistreer is en daarmee saam donasies insamel, wat diere mishandel en verwaarloos.

DBV-inspekteurs het in die jongste voorval op die Mahanaimfeet Sanctuary in Atlantis in die Wes-Kaap toegeslaan waar hulle 163 honde gered het. Die eienaar, Ockert Kruger, wat ook in 2018 by ’n soortgelyke saak betrokke was, is vir dieremishandeling en dwarsboming van die gereg in hegtenis geneem. Dít volg nadat hy en sy gesin glo probeer het om honde weg te steek met die DBV se aankoms op die perseel.

Kruger het glo herhaaldelik eiendomme gehuur, skuld laat ophoop en dan uitsetting ontduik, terwyl hy die diere as inkomstebron gebruik het.

Die Swellendam-DBV het glo in 2018 ook Kruger se perde in beslag geneem. Daardie hofsaak is nog nie afgehandel nie.

Die DBV sê hy beplan om regstappe teen Kruger te doen en sê hierdie saak beklemtoon die groter probleem van ’n gebrek aan regulering in diereredding.

 

Foto krediet: DBV

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Luister nou