Luister nou

Misdaad neem met 5,1% af

Deur Pretoria FM Nuusspan

25 November 2024

Ernstige misdade het afgeneem, en daar is ook ‘n algemene afname in misdaad.

Dit volgens die minister van polisie, Senzo Mchunu, wat vanmiddag die jongste misdaadstatistiek by die polisie se provinsiale hoofkantoor in Johannesburg bekend gemaak het. Hy het ook terugvoer gegee oor sy eerste 100 dae in die pos as polisieminister.

Tussen 1 Julie en 30 September 2024 het misdaad oor die algemeen met 5,1% afgeneem.

LEES OOK: Ongelisensieerde slaghuis tot ‘n misdaadtoneel verklaar

In die tydperk het moord met 5,8% afgeneem. Seksuele oortredings het met 2,5% afgeneem, gevolg deur 3,1% minder verkragtings wat in die tydperk aangemeld is. Kontakmisdade het met 3% afgeneem. Die meeste kontakmisdade is in Mfuleni in die Wes-Kaap aangemeld, gevolg deur Delft, ook in die Wes-Kaap, derdens is Inanda in KwaZulu-Natal, dan Johannesburg-sentraal en Nyanga in die Wes-Kaap.

Die meeste moorde per 100 000 inwoners is in die Oos-Kaap gepleeg, gevolg deur die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal, Gauteng, die Vrystaat, Noordwes, Mpumalanga, Noord-Kaap en Limpopo. Wat verkragtings betref, loop die Vrystaat voor, gevolg deur die Oos-Kaap, Noordwes en die Noord-Kaap.

Hy het ook benadruk dat onwettige mynaktiwiteite ‘n ernstige bedreiging vir die ekonomie en openbare veiligheid inhou. Dit kom te midde duisende onwettige mynwerkers wat reeds die afgelope ruk in die 11de skag van die Stilfontein-myn bly. Hy meen hy is tevrede dat daar by die Stilfontein-skag binne die Grondwet opgetree word. 

LEES OOK: Oos-Kaapse toerisme trek swaar weens misdaad

Oor sy eerste 100 dae in die pos het Mchunu gesê dat hy die pos met ‘n eenvoudige, en duidelike mandaat aanvaar het – om misdaad te bekamp en om die veiligheid van alle Suid-Afrikaners te verseker.

Hy sê dis steeds sy doelwit om seker te maak dat geregtigheid nié net tel vir ‘n groepie bevoorregte mense nie, maar dat dit ‘n reg is vir elke Suid-Afrikaners.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Nhlanhla Mkhwanazi

Mkhwanazi binnekort nuwe hoof van die Valke

Fotokrediet: The North Africa Post

Solidariteit voer samesprekings met die Withuis oor Agoa

Israel verkiesing - Alhurra

Israel se verkiesing eindig in dooiepunt

Suliman Carrim

Suliman Carrim uit op borgtog

Fotokrediet: Polity

Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
Kiesers orals is kwaad
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 30 Oktober 2026
Fotokrediet: Rolling Stone
Sir Patrick Stewart, Star Trek- en X-Men-ster, op 86 oorlede
Nhlanhla Mkhwanazi
Mkhwanazi binnekort nuwe hoof van die Valke
Fotokrediet: The North Africa Post
Solidariteit voer samesprekings met die Withuis oor Agoa

Luister nou