Luister nou

Minister het planne teen afpersing in die konstruksiesektor

Deur Marelize Maré

Die minister van Openbare Werke, Dean Macpherson, sê daar is beduidende vordering in die bekamping van afpersing in die konstruksiesektor, hoewel die stryd nog nie verby is nie.

Hy het twee jaar gelede beloof om teen die sogenaamde konstruksiemafia op te tree en sedertdien is 52 maatskappye op die swartlys geplaas.

Meer as 770 sake van afpersing is landwyd aangemeld, wat tot 241 inhegtenisnemings en 176 skuldigbevindings gelei het.

Macpherson sê ook ‘n nuwe kabinetsgoedgekeurde beleid sal gemeenskappe van die begin af by infrastruktuurprojekte betrek om konflik en afpersing te beperk.

Die geïntegreerde raamwerk vir maatskaplike fasilitering beoog om gemeenskapsdeelname te verbeter, ontwrigting van projekte te voorkom en die rol van maatskaplike fasiliteerders te professionaliseer.

Macpherson sê dit sal dit moeiliker maak vir sogenaamde konstruksiemafia en ander misdadige groepe om onsekerheid en ontevredenheid in gemeenskappe uit te buit.

Gewilde Nuus

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

Ander Nuus Artikels

Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Luister nou