‘n Passasier is gister in ‘n lughawe in Moembaai in Indië voorgekeer nadat 16 lewende slange in sy besit gevind is.
Volgens die AFP-nuusdiens het die man van Thailand gekom.
Dié 16 slange het kousbandslange, ‘n renosterrotslang en ‘n Keniaanse sandboa ingesluit. Hierdie slange is nie giftig nie, maar is gewilde troeteldiere. Die man is in hegtenis geneem en die saak word ondersoek.
Dit is die derde beslaglegging van dié aard by hierdie lughawe in hierdie maand alleen. Vroeër hierdie maand is ‘n man ook met talle slange in sy besit by die lughawe voorgekeer. Hy het ook dié slange uit Thailand gesmokkel.
Ook in Junie is ‘n man in hegtenis geneem weens die besit van meer as 100 eksotiese troeteldiere, wat ondermeer buidelrotte, voëls en akkedisse ingesluit het.
Maroela Media berig dat doeanebeamptes al langs die Thailand-Indië-lugroete oor die afgelope drie jaar op meer as 7 000 diere, dood en lewend, beslag gelê.
Customs officers at CSMI Airport, Mumbai Customs Zone-III foiled yet another wild life smuggling attempt, 16 live snakes-Garter, Rhino Rat, Albino Rat, Kenyan Sand Boa, CA King etc. seized from passenger returning from Thailand. Passenger arrested. Further investigation underway. pic.twitter.com/4n4o6ZK3U5
— Mumbai Customs-III (@mumbaicus3) June 29, 2025
Foto: India.com