‘n Prokureur het die EFF-leier, Julius Malema, weer voor die hof gedaag, nadat hy ‘n klag by die gelykheidshof in Johannesburg ingedien het.
Hilmer Kruger eis dat Malema van haatspraak, intimidasie van geregsbeamptes en die bevordering van geweld teen sekere ras- en beroepsgroepe beskuldig word.
Die klag hou onder meer verband met ‘n voorval op 23 Januarie by die Oos-Londen-landdroshof waar Malema verskyn het op aanklagte van die oortreding van die Vuurwapenwet.
Malema se ondersteuners het glo buite die hof ‘n saamgeflansde kis met landdros Twanet Olivier se gesig daarop vertoon en Malema het haar ook in die openbaar van rassisme en vooroordeel beskuldig.
‘n Hofdatum is nog nie vir die saak bepaal nie.