16 April 2024
Die 32 jaar oue CVO Skool Pretoria se leerlinge, ouers en onderwysers sien uit na die toekoms met agt nuwe permanente klaskamers wat binnekort tot die skool gevoeg word.

Die skool het in 1992 begin met ‘n handjie vol leerlinge wat moes skoolgaan in die oorspronklike plaashuis van die terrain in die ooste van Pretoria.
Na die oud-onderwyser, Loupie van der Merwe en skoolhoof Marius Kruger elkeen ‘n beurt gekry het om sement in die fondasieslote te gooi, het hierdie jaar se hoofseun, Ruhard Vermaak en hoofmeisie, Hilleke Genis ook gedeel in hierdie stukkie geskiedenis.
Mari Oosthuizen het die fondasiegooiwydingsgeleentheid bygewoon.