Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, se toekoms in sy amp hang aan ’n draadjie te midde van ‘n mosie van wantroue wat hy vandag in die provinsiale wetgewer moet trotseer.
Die DA het drie weke gelede ‘n mosie om hom uit sy pos te verwyder, ingedien.
Die party eis dat Lesufi uit sy pos bedank weens sy onlangse omstrede amaPanyaza-wetstoepassingseenheid.
Die eenheid is glo saamgestel om werkloosheid en die toename in misdaad in die provinsie die hoof te bied, maar die vorming daarvan is nie deur enige wettige mandaat gesteun nie.
Die DA-leier in Gauteng, Solly Msimanga, meen dit is genoeg rede vir Lesufi om sy tasse te pak.
Die ANC regeer die provinsie deur ’n minderheidskoalisie en sal die steun van opposisiepartye nodig hê om Lesufi in sy amp te hou.
Fotokrediet: Melinda Stuurman/Netwerk24