Luister nou

Laaste registrasienaweek breek aan

Deur Redaksie

Stemgeregtigdes het hierdie naweek ’n laaste geleentheid om by hulle onderskeie stempunte te registreer voor die plaaslikeregeringsverkiesing op 4 November plaasvind. Kiesers en voornemende kiesers kan egter ook van die Onafhanklike Verkiesingskommissie se webblad by elections.org.za gebruik maak om te registreer, seker te maak waar hulle moet gaan stem en hulle stempunte te wysig.

Met die vorige registrasienaweek in Junie is 2,9 miljoen registrasies verwerk.

Op 1 en 2 Augustus sal stemlokale  van 08:00 tot 17:00 oop wees. Kiesers kan ’n ID (slimkaart, groen strepieskode-ID-boek of tydelike sertifikaat) saambring om te registreer, hul status te bevestig of hul adres te wysig. Kiesers kan slegs by die stemstasie in hul stemdistrik stem.

Dit is belangrik dat kiesers vroegtydig hiervan werk maak, want sodra die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake die verkiesingsdatum amptelik in die Staatskoerant proklameer, sal die kieserslys gesluit wees en geen nuwe registrasies of wysigings is daarna moontlik nie.

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/07/NUUSWEEK-Uitgawe-77-31-Jul-2026.pdf

Gewilde Nuus

Lynnwood padwerke - The Citizen

Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande

Guptas

Gupta-broers steeds gesoek

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ad hoc - IOL

Ad hoc-komitee finaliseer sy verslag

Fotokrediet: Groundup

SASSA funksioneer met net 44%

Ander Nuus Artikels

Israelse vlug - France 24
Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug
Fotokrediet: Daily Maverick
Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur
plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere
Lynnwood padwerke - The Citizen
Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande
Guptas
Gupta-broers steeds gesoek

Luister nou