Eskom het bevestig dat die Kusile-kragstasie se nommer-6 opwekkingseenheid vir die eerste keer 800MW by die netwerk gevoeg het.
Dié eenheid sal oor die volgende ses maande verdere toetsing ondergaan voordat dit amptelik by die netwerk geïntegreer en formeel deel van Eskom se opwekkingsvloot word.
Met dié eenheid in bedryf sal Kusile 4 800MW tot die nasionale netwerk bydra sodra alle eenhede ten volle in werking is – wat dit Suid-Afrika se grootste infrastruktuurprojek maak.
Kusile se sustersprojek, Medupi, se Eenheid 4 behoort teen die einde van April 800MW lewer ná ‘n langdurige onderbreking weens tegniese probleme.
Eskom meen dié stap is ‘n belangrike stap om een van Suid-Afrika se grootste infrastruktuur-projekte te voltooi.