20 November 2024
Die Gautengse Onderwysdepartement het ‘n beroep op verkopers en snoepies by skole gedoen om ‘n geldige sogenaamde sertifikaat van aanvaarbaarheid te bekom.
Dié stap is gedoen om die veiligheid van leerders – wat op die skoolgrond versnaperinge aankoop – te verseker.
Die departement se oproep volg op president Cyril Ramaphosa se aankondiging, wat spaza-winkeleienaars 21 dae gee om hul besighede te registreer.
‘n Woordvoerder van die departement, Steve Mabona, sê snoepies, verkopers en handelaars mag slegs op skoolpersele bedryf word as hulle aan die voorgeskrewe vereistes voldoen.