Luister nou

Kill the Boer by NWU gesing

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Noordwes-Universiteit (NWU) ondersoek ’n voorval gisteraand waartydens die lied “Kill the Boer” op kampus gesing is.

AfriForum Jeug sê die lied het geen plek op kampus waar studente veilig moet voel nie, en eis optrede teen die betrokke studente. Die organisasie het ‘n video van die voorval op sy X-profiel gedeel.

Die NWU se woordvoerder Louis Jacobs het aan Netwerk24 gesê die universiteit neem die saak ernstig op en ondersoek die voorval met behulp van video-opnames.

Die DA-raadslid Johan Zerwick waarsku dat die sing van die lied veral by werklose jongmense wat alkohol gebruik rassespanning kan meebring en meen dat die lied nie meer gesing behoort te word nie.

One Response

  1. Die regering wil nie en kan nie teen die EFF Lied en die sing daarvan optree nie. Pasop dat daar nie ‘n dag kom waar die “koeël in die kruitvat val nie“ ‼️ En dit in Noord Wes waar ‘n Moordklag summuur van die rol geskral is. Die engelse spreekwoord sê : “Give him rope , he will hang himsef “

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Boer tot bord

Wat is sukses?

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Ander Nuus Artikels

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking
Fotokrediet: Marshall Security
Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog