Luister nou

Jy hoef nie jou boorgat te registreer nie

Deur Redaksie

Die Organisasie Teen Belastingmisbruik, OUTA, sê die Departement van Water en Sanitasie (DWS) het bevestig dat huishoudings wat boorgatwater vir redelike huishoudelike gebruik aanwend, nie hul watergebruik hoef te registreer nie.

Die organisasie het die departement om duidelikheid gevra nadat ’n regeringskennisgewing en die departement se onlangse 90-dae-watergebruiksregistrasieveldtog groot verwarring veroorsaak het. Die uitvoerende bestuurder by OUTA, Julius Kleynhans, sê baie huiseienaars wat van boorgate afhanklik is weens onbetroubare munisipale waterdienste, het geglo hulle kan boetes of selfs strafregtelike vervolging in die gesig staar indien hulle nie registreer nie.

Hy sê die bevestiging bring regsekerheid vir duisende huishoudings wat weens swak munisipale waterdienste op boorgate staatmaak.

Die organisasie beklemtoon egter dat kommersiële, landbou- en ander hoëvolumegebruikers steeds verplig is om hul watergebruik te registreer.

“Suid-Afrikaners behoort nie vervolging te vrees bloot omdat hulle ’n boorgat laat installeer het om water te laat vloei wanneer munisipale stelsels faal nie. Ons het die DWS namens besorgde inwoners genader, en ons verwelkom die departement se vinnige reaksie om die regsposisie vir huishoudelike boorgatgebruikers duidelik te maak.”

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweekhttps://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/07/NUUSWEEK-Uitgawe-76-24-Jul-2026.pdf

Gewilde Nuus

Untitled design (23)

Wie is Brittanje se nuwe eerste minister?

Untitled design (22)

Jy hoef nie jou boorgat te registreer nie

Untitled design (21)

Vermiste vliegtuig ná 74 jaar gevind

Untitled design (20)

Jagluiperds na Zambië verskuif

Internasionale Perspektief nuut

VSA stoot terug teen Chinese invloed op elke vasteland

Ander Nuus Artikels

Untitled design (26)
Kom kyk hoe word ’n RWB Porsche gebou
Untitled design (27)
Druppels word strome, strome word riviere: KragDag 2026 bou momentum
Untitled design (25)
Naboomspruit gaan DorpToe!
Untitled design (23)
Wie is Brittanje se nuwe eerste minister?
Untitled design (21)
Vermiste vliegtuig ná 74 jaar gevind

Luister nou