Marelize Maré
Oudpresident Jacob Zuma het in September by Rusland gepleit dat die Suid-Afrikaanse mans wat glo gedwing word om vir Rusland teen Oekraïne te veg, van hul dienskontrakte vrygestel word.
Ontmoetings met president Wladimir Poetin en die minister van verdediging, Andrei Remowitsj Beloesof, is geweier en hy is na ‘n junior amptenaar verwys wat hom meegedeel het dat hy sy versoek skriftelik moet indien.
Zuma het in die brief aangevoer dat die MK-party 18 mans na Rusland gestuur het om opleiding te ontvang en nie om in die oorlog te veg nie.
Die skrywe is egter onbeantwoord gelaat en Zuma se versoek het in vernedering geëindig met die Kremlin wat hom feitlik geïgnoreer het.
Zuma se brief weerspreek die MK-party se voorsitter, Nathi Nhleko, se bewering dat die party nie betrokke was by die Suid-Afrikaners wat glo gedwing word om vir Rusland te veg nie.
Zuma se dogter, Duduzile Zuma-Sambudla het intussen weens die ondersoek as LP bedank.