Die departement van water en sanitasie het aangekondig dat die afsluiting van watertoevoer – vanaf die Lesotho Hoogland Waterprojek – minstens drie weke langer sal duur as wat aanvanklik beplan is.
Die afsluiting van dié waterbron is genoodsaak om instandhoudingswerk aan die tonnelstelsels moontlik te maak.
Aanvanklik is beplan dat die afsluiting van 1 Oktober tot 31 Maart sou duur, maar ‘n nuwe datum vir die oopstel van die tonnels sal nou aangekondig word sodra die instandhoudingswerk voltooi is.
Weens bogemiddelde reënval in opvangsgebiede van die Sol Plaatjie- en die Vaaldam, behoort daar nie ‘n watertekort te wees in gebiede wat tradisioneel water vanuit die Hooglandskema kry nie.
FOTO: DR NEIL OVERY/SCIENCE PHOTO LIBRARY