Luister nou

Inskrywings open: Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings 2025

Deur Pretoria FM Nuusspan

Dit is weer tyd vir die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings en kunstenaars, liedjieskrywers en vervaardigers word uitgenooi om in te skryf in die onderskeie kategorieë.

Ter viering van Afrikaans 100, word daar hierdie jaar ook twee splinternuwe kategorieë bygevoeg, naamlik “Sokkie liedjie van die jaar” en “Klankbaan vir ‘n film- of TV-produksie”.

Alle nuwe uitreikings tussen die tydperk 1 April 2024 tot 31 Maart 2025 mag ingeskryf word. Inskrywings vir alle kategorieë open op 11 April 2025 en sluit om middernag op 16 Mei 2025. Die inskrywingsvorms met volledige kriteria is op Pretoria FM se webtuiste beskikbaar by www.pretoriafm.co.za.

Die Uitvoerende Voorsitter van Pretoria FM en die Aitsa Trust, Mnr Willie Spies, sê die Aitsa Toekennings lok groot belangstelling in die musiekbedryf en kunstenaars ervaar dit as ‘n eer om in enige van die kategorieë genomineer en uiteindelik as wenner aangewys te word.

Kunstenaars kan self inskryf of kan deur hul onderskeie platemaatskappye ingeskryf word. Die kategorieë waarvoor ingeskryf kan word is:

  1. Nuweling van die Jaar
  2. Ballade van die Jaar
  3. Pop Liedjie van die Jaar
  4. Sokkie Liedjie van die Jaar (ter viering van Afrikaans 100)
  5. Kontemporêre Liedjie van die Jaar
  6. Geestelike Liedjie van die Jaar
  7. Kletsrym Liedjie van die Jaar
  8. Alternatiewe/Rock Liedjie van die Jaar
  9. Boeremusiek Snit van die Jaar
  10. Klassieke- /Instrumentale Snit van die Jaar
  11. Musiekvideo van die Jaar
  12. Liedjieskrywer van die Jaar
  13. Vervaardiger van die Jaar
  14. Album- of EP van die Jaar
  15. Klankbaan vir ‘n film- of TV-produksie (ter viering van Afrikaans 100)

Alle inskrywings sal deur ‘n uitgebreide paneel kundiges in die musiekbedryf beoordeel word, waarna ‘n maksimum van ses finaliste in elke kategorie aangewys word. Twee ekstra onafhanklike beoordelaars word betrek spesifiek vir die kategorieë Vervaardiger van die Jaar en Musiekvideo van die Jaar. Die beoordelingsproses word gemonitor deur die Aitsa Trust se ouditeur.

Ons is opgewonde oor die toekoms van Afrikaanse musiek en daarom is dit belangrik dat ‘n onafhanklike geleentheid soos die Aitsas ‘n platform skep waar die room in die Afrikaanse musiekbedryf op grond van hulle uitmuntende prestasie, beloon word.

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Boer tot bord

Wat is sukses?

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Ander Nuus Artikels

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking
Fotokrediet: Marshall Security
Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog