Meer as 3-miljoen lugbraaiers is die afgelope twee jaar wêreldwyd herroep nadat verbruikers beweer het dat hul braaiers oorverhit, en in sommige gevalle aan die brand geraak het.
Dit is veral verbruikers van die handelsmerke, Insignia, Magic Chef, Cosori, Secura en Empower wat probleme aangemeld het.
In een geval moes 280 000 Insignia lugbraaiers herroep word nadat gebruikers beweer het dat hulle vlamme gesien het, terwyl hulle die kombuistoestel gebruik het. IOL berig dat 11 700 Magic Chef lugbraaiers, wat deur Newair vervaardig is, herroep is omdat sekere dele van die toestel nié die hitte kon weerstaan nie.
Nog algemene probleme is foutiewe bedrading, plastiek dele wat smelt en glas panele wat onverwags bars.
Volgens IOL plaas hierdie klagtes en bekommernisse opnuut die soeklig op die veiligheid en betroubaarheid van massa-vervaardigde kombuistoestelle. Volgens rolspelers in die bedryf, wil vervaardigers jaag om die gewildste lugbraaiers te hê, dat hulle soms belangrike kwaliteitskontroles ignoreer.
Die Amerikaanse Verbruikersprodukveiligheidskommissie het ‘n waarskuwing uitgereik, en doen ‘n beroep op mense om op die kommissie se webblad te kyk of hulle spesifieke lugbraaier geraak word.