Luister nou

Geval van “phrogging” in Potchefstroom aangemeld

Deur Pretoria FM Nuusspan

21 Januarie 2025

‘n Geval van phrogging, is volgens die Potchefstroom Herald, onlangs in Potchefstroom aangemeld.

Phrogging beteken dat iemand, sonder jou medewete, vir ‘n geruime tyd in jou huis woon. Die persoon is dikwels aanvanklik ‘n inbreker wat dan besluit om meer permanent te bly. Die huis kan beset wees of leeg staan.

Volgens die Potchefstroom Herald het ‘n vrou onlangs in ‘n huis op die dorp gewoon sonder dat die eienaar daarvan bewus was.

Die koerant gee hierdie raad oor wat om te doen indien jy vermoed dat iemand, sonder jou toestemming of medewete, in jou huis woon:

  • Soek moontlike wegkruipplekke in jou huis, en kyk ook vir tekens van gedwonge toegang of enige ongewone items.
  • Verhoog veiligheidsmaatreëls
  • Praat met jou bure
  • Kontak die owerhede.

Volgens ‘n artikel op die webblad, Cupcakes and Chaos is die daad van phrogging meer algemeen as wat ‘n mens sou verwag. ‘n Onlangse dokumentêr: Phrogging: Hider in My house het 10 gevalle gevolg waarin mense onwetend “gaste” in hulle huise gehad het.

In die betrokke episodes het die huiseienaars gesê dat hulle vreemde dinge opgemerk het, soos toiletsitplekke wat opgeslaan is, en kos wat verdwyn.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

The Perfect Blendship headshots with piano

The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk24
Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande
Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling
Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan

Luister nou