Luister nou

Geen bewyse teen Mchunu en kie

Deur Walter Ernst

Die parlementêre ad hoc-komitee wat korrupsie in die land se strafregstelsel ondersoek, het geen bewyse gevind wat daarop dui dat die geskorste minister van polisie, Senzo Mchunu en ander senior amptenare bande met misdaadnetwerke het nie.

Dit sluit die geskorste nasionale adjunkpolisiekommissaris, Shadrack Sibiya, asook die hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, advokaat Andrea Johnson, in.

Die verslag wys egter op uitvoerende aanspreeklikheid ten opsigte van Mchunu, sowel as integriteitskwessies wat nie opgelos is nie.

Wat luitenant-generaal Sibiya betref, het die verslag ernstige, onopgeloste kwessies uitgewys, maar kon konkreet bevind dat Sibiya nie namens Vusimuzi “Cat” Matlala, die omstrede sakeman, Brown Mogotsi of enige georganiseerde misdaadnetwerk opgetree het nie.

Volgens die komitee se konsepverslag is daar geen bewyse van bande met misdaadsindikate nie.

Verdere wysigings word aan die verslag aangebring alvorens die finale verslag aan die speaker van die Nasionale Vergadering oorhandig sal word.

Komiteelede het die verslag as verwater bestempel en aangevoer dat die meeste van hul aanbevelings geïgnoreer het.

 

Gewilde Nuus

Petrolpomp brandstof

Regering maan teen brandstof-paniekaankope

Bemarkingsoproepe

Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Fotokrediet: EWN

Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Ander Nuus Artikels

Matrieks
Umalusi gereed vir matriekeindeksamen ondanks tekort aan nasieners
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op die jongste plaasmoord
Fotokrediet: Remitly
SA se finansiële vertroue bly stabiel
Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Luister nou