Die National Coloured Congress-leier Fadiel Adams het in Pinetown aangekom voor sy eerste verskyning in die Pinetown-landdroshof in KwaZulu-Natal.
Hy staan tereg op aanklagte van bedrog en die dwarsboming van die gereg, wat verband hou met beweerde inmenging in die ondersoek na die moord op ANC-jeugliga sekretaris-generaal Sindiso Magaqa.
Adams is in die Wes-Kaap in hegtenis geneem en daarna na Durban oorgeplaas.
Hy het glo beweer dat hy ’n verklaring van ’n beweerde sluipmoordenaar het waarin polisiebetrokkenheid by die moord genoem word.