Die voormalige renjaer, Michael Schumacher se ikoniese Ferrari F2001, is vir $18,17-miljoen of sowat R324-miljoen op ‘n veiling in Monaco verkoop.

Hierdie motor het vir Schumacher in 2001 ‘n vierde F1-titel by die Monaco Grand Prix-resies verseker. Dit was sy vyfde en laaste keer by hierdie uitdagende straatrenbaan.
Dit is die duurste Formule 1-motor wat ooit in die publiek verkoop is. Volgens verskeie motorpublikasies is hierdie motor waarskynlik een van Schumacher se mees ikoniese motors weens die goeie seisoen wat hy in 2001 daarmee gehad het.
Hy het in dieselfde jaar die Hongaarse Grand Prix in dié motor gewen.
Hierdie motor het die vorige rekord-bedrag vir ‘n Schumacher-motor verbygesteek. Schumacher se 2003 Ferrari, die F2003 het vir $13,2-miljoen verkoop.
Schumacher se F2001 is nou die vierde duurste F1-motor wat nog ooit verkoop is. ‘n Gedeelte van die verkope-prys word aan die nie-winsgewende-organisasie, die Keep Fighting Foundation geskenk. Die organisasie is in Schumacher se naam begin.