Terwyl die land behoorlik in die greep van die winter vasgevang word, sê Eskom dat daar voldoende noodreserwes in plek is om aan die verhoogde vraag na elektrisiteit te voldoen.
Die kragvoorsiener sê hy beplan ook om 2 550 megawatt se opwekkingskapasiteit weer in bedryf te stel voor vanaand se spitstyd.
Wat die res van die winter betref beplan Eskom om Medupi-eenheid 4 volgende maand weer in bedryf te stel.
Dié eenheid – wat 800 Megawatt tot die netwerk moet bydra – ondergaan sedert 2021 herstelwerk nadat dit tydens ‘n ontploffing beskadig is.