Luister nou

Eskom reik tender uit om nuwe maatskappy vir hernubare-energie te begin

Deur Pretoria FM Nuusspan

Eskom het begin om ‘n nuwe, onafhanklike filiaalmaatskappy op die been te bring om meer beleggings na die nutsmaatskappy se hernubare-energie-portefeulje te lok.

Die nasionale kragvoorsiener sê hy het ‘n tender uitgereik om ervare kundiges te lok om dié maatskappy te ontwerp en op die been te bring.

Eskom het aangedui dat hy voornemende tenderaars se geskiedenis noukeurig sal nagaan voordat ‘n aanstelling gedoen sal word om die nuwe onderneming te begin.

Dié maatskappy sal as die Renewable Energy Company, RECo, bekend staan en geleenthede skep vir openbare-private vennootskappe by hernubare projekte.

Die kragvoorsiener se uitvoerende hoof, Dan Marokane, sê die aangestelde maatskappy sal help om te besluit wat RECo verantwoordelik voor sal wees, watter oorsigmaatreëls in plek sal wees, en hoe die maatskappy geld gaan maak.

Die nuut-gestigde maatskappy sal sy eie raad, en uitvoerende bestuurspan hê, met ‘n onafhanklike korporatiewe- en regstruktuur.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Luister nou