Luister nou

Departement gevra om ondersoek in te stel na “matriekuitslae wat verkoop word”

Deur Pretoria FM Nuusspan

13 Januarie 2024

‘n Onderwysaktivis, Hendrick Makaneta het ‘n beroep op die departement van basiese onderwys gedoen om dringend ‘n interne ondersoek te doen na bewerings dat ‘n private entiteit matriekuitslae verkoop.

Dit volg op ‘n plasing op sosiale media wat beweer dat die resultate aanlyn vir R100 verkry kan word. Die amptelike uitslae word môre, 14 Januarie, deur die onderwysdepartement bekend gemaak.

Die departement het nog nie op dié bewerings gereageer nie.

Makaneta sê as die bewerings waar is, dui dit op ‘n potensiële skending van dataveiligheid en ‘n skending van leerders se reg op privaatheid.

Hy sê die verkoop van uitslae – hetsy wettig of nie – ondermyn die publiek se vertroue in die onderwysstelsel en skep twyfel oor die departement se vermoë om sy stelsels te beveilig.

https://twitter.com/A_T_C_A/status/1878322236555198769

Onthou om by Pretoria FM se WhatsApp-kanaal aan te sluit om elke Vrydag ons nuwe, gratis e-koerant, Nuusweek, te ontvang. Hou ook môreoggend, 14 Januarie die kanaal dop vir die matriekuitslae in ‘n spesiale, eerste uitgawe van Nuusweek. WhatsApp-kanaal: https://whatsapp.com/channel/0029VajTu2qHrDZZouFYOJ0Q

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

The Perfect Blendship headshots with piano

The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk24
Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande
Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling
Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan

Luister nou