Walter Ernst
Die departement van binnelandse sake het die 90-dae-visumvrystelling vir Palestynse paspoorthouers onmiddellik teruggetrek.
Dié besluit volg ná ondersoeke wat die doelbewuste en voortgesette misbruik van die vrystelling, glo deur Israel, uitgewys is. Twee onlangse huurvlugte het onthul dat die reis nie vir toerisme of kortverblyf bedoel was nie, maar om Palestyne uit Gaza te verplaas.
Die minister van binnelandse sake, dr. Leon Schreiber het gesê dat die reisigers moontlik uit Gaza verdryf is, ’n bewering wat deur daaropvolgende ondersoeke bevestig is.
Hy het bygevoeg dat Suid-Afrika nie medepligtig sal wees aan enige plan om Palestyne uit Gaza te misbruik óf te ontheem nie.
Die departement sal nou asielaansoeke verwerk en verseker dat bona fide Palestynse reisigers Suid-Afrika steeds kan besoek.
Fotokrediet: Deaan Vivier