Luister nou

Bederf op pad vir UFC-aanhangers

Deur Pretoria FM Nuusspan

Marelize Maré

Goeie nuus vir UFC-aanhangers is dat die Knox Legacy-reeks, ’n wêreldklas gemengde gevegkuns-geleentheid, aanstaande jaar in Kaapstad aangebied sal word.

Die bekende voormalige UFC-middelgewigkampioen, Dricus du Plessis, en die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het aangekondig dat dié reeks op 26 Februarie 2026 by die Grand West-arena in Kaapstad sal plaasvind.

Hill-Lewis sê Kaapstad is baie opgewonde oor die geleentheid, aangesien Kaapstad meer sportgeleenthede wil aanbied.

Du Plessis sê op sy beurt die reeks het ten doel om vir Suid‑Afrikaanse vegters ’n platform te gee.

Die reeks is die eerste van sy soort en sal vegters van Kaapstad teen hulle internasionale eweknieë te staan bring.

Die vegters Luke Michael, Faeez Jacobs, Terence Balelo, Tumelo Manyamala en Adrian Sanchez sal na verwagting aan die reeks deelneem.

Die volledige vegkaart, program en besonderhede van uitsendings sal binnekort bekend gemaak word.

Fotokrediet: Anton Geyser/Gallo Images

Gewilde Nuus

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Boer tot bord

Wat is sukses?

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Ander Nuus Artikels

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking
Fotokrediet: Marshall Security
Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog