Die Harvard-universiteit in Massachusetts in Amerika het President Donald Trump se eis om beheer oor die universiteit aan die Trump-administrasie af te staan, verwerp.
Die Universiteit sê hulle weier om beheer oor die instelling aan ‘n “konserwatiewe regering wat universiteite as gevaarlik links beskou” oor te dra. Die universiteit het ook ander eise van Trump van die hand gewys.
Trump het binne ure ná Harvard se aankondiging, federale befondsing van $2,3-miljard aan die universiteit bevries. Die Trump-administrasie het reeds verlede maand aangekondig dat hy $9-miljard se federale kontrakte en toelaes aan Harvard hersien.
Harvard is deur die onderwysdepartement van anti-Semitisme beskuldig, wat tydens pro-Palestynse betogings “gesien is.”
Die Trump-administrasie het honderde miljoene dollar se federale finansiering vir talle universiteite bevries en plaas druk op dié instellings om beleidsveranderinge te maak, en anti-Semitisme die hoof te bied.
Die BBC berig dat universiteite dié federale befondsing vir navorsing gebruik.