Die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings 2025 gaan hierdie jaar alle grense verskuif!
Afrikaans 100 word ook gevier en saam met die Aitsa-toekenningsgeleentheid is dit ’n viering van die hele Afrikaanse musiekbedryf, op televisie! Hierdie jaar se Aitsa-geleentheid is ‘n TV-geleentheid en almal word uitgenooi na ‘n spesiale uitsending wat op 6 November 2025 op Via uitgesaai gaan word.
Blootstelling word nie net aan die wenners gegee nie, maar ook aan die genomineerdes, die mense agter die skerms, vervaardigers en aan al die kunstenaars wat Afrikaans met trots vier.Finaliste in die onderskeie kategorieë word van 3 Oktober 2025 af op Pretoria FM se sosialemediaplatforms bekend gemaak.
Révan Luus, Projekbestuurder van die Aitsas sê dat hierdie jaar se Aitsas nie net nóg ‘n toekenningsgeleentheid gaan wees nie, maar ‘n geskiedkundige viering van die kunsvorm, die passie en die ongelooflike talent wat ons in die Afrikaanse musiekbedryf het.
Ons sien baie uit daarna om saam met julle hierdie jaar ’n onvergeetlike viering van Afrikaans, sy mense en musiek te maak.
Hou gerus Pretoria FM se sosialemediaplatforms dop vir al die nuutste nuus oor die Aitsas 2025.