Luister nou

Aitsa musiektoekennings gaan hierdie jaar alle grense verskuif

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings 2025 gaan hierdie jaar alle grense verskuif!

Afrikaans 100 word ook gevier en saam met die Aitsa-toekenningsgeleentheid is dit ’n viering van die hele Afrikaanse musiekbedryf, op televisie! Hierdie jaar se Aitsa-geleentheid is ‘n TV-geleentheid en almal word uitgenooi na ‘n spesiale uitsending wat op 6 November 2025 op Via uitgesaai gaan word.

Blootstelling word nie net aan die wenners gegee nie, maar ook aan die genomineerdes, die mense agter die skerms, vervaardigers en aan al die kunstenaars wat Afrikaans met trots vier.Finaliste in die onderskeie kategorieë word van 3 Oktober 2025 af op Pretoria FM se sosialemediaplatforms bekend gemaak.

Révan Luus, Projekbestuurder van die Aitsas sê dat hierdie jaar se Aitsas nie net nóg ‘n toekenningsgeleentheid gaan wees nie, maar ‘n geskiedkundige viering van die kunsvorm, die passie en die ongelooflike talent wat ons in die Afrikaanse musiekbedryf het.

Ons sien baie uit daarna om saam met julle hierdie jaar ’n onvergeetlike viering van Afrikaans, sy mense en musiek te maak.

Hou gerus Pretoria FM se sosialemediaplatforms dop vir al die nuutste nuus oor die Aitsas 2025.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Boer tot bord

Wat is sukses?

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Ander Nuus Artikels

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking
Fotokrediet: Marshall Security
Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog