Luister nou

AfriForum se blou-en-groendruppeluitslae voorspel ’n donker toekoms vir water in SA

Deur Pretoria FM Nuusspan

87% van munisipale drinkwater is veilig vir menslike gebruik.

Dít volgens AfriForum se onafhanklike blou-en-groendruppelverslag, wat jaarliks bekend gestel word. AfriForum meen die organisasie waarsku egter dat Suid-Afrikaners nie hieroor verlig moet wees nie, aangesien vanjaar se groendruppeluitslae daarop dui dat slegs 13% van verwerkte rioolwater aan die minimum standaarde vir storting in ’n waterhulpbron voldoen.

AfriForum se raadgewer van omgewingsake, Marais de Vaal, sê die organisasie se blou-en-groendruppelverslag bevat die uitslae van waterkwaliteitmonsters wat AfriForum se netwerk van 160 takke landwyd gedurende Augustus van munisipale drinkwater (bloudruppel) sowel as die uitvloei van verwerkte rioolwater (groendruppel) vanuit plaaslike rioolsuiweringsaanlegte geneem het.

Vanjaar se toetse het die teenwoordigheid of afwesigheid van verskeie chemiese en bakteriologiese komponente ondersoek.

Die toetse bepaal onder meer die teenwoordigheid van die bakterie E. Coli, wat diarree, naarheid, braking en selfs nierversaking tot gevolg kan hê, en fekale kolivorme bakterieë, wat siektes soos ingewandkoors (oftewel buiktifus), lewerontsteking en disenterie kan veroorsaak.

Die Bloudruppelverslag.

Die 2024-bloudruppeluitslae in ’n neutedop:

  • Toetse gedoen op: Munisipale drinkwater
  • Aantal dorpe/stede getoets: 210
  • Nasionale uitslag: 87% van drinkwater is veilig vir menslike gebruik

Van die dorpe wat se water as onveilig vir menslike gebruik beskou word, is Vryheid in KwaZulu-Natal, Amersfoort en Balfour in Mpumalanga, Coligny in Noordwes, De Aar, Hartswater en Kimberley in die Noord-Kaap, Cradock in die Oos-Kaap, Mosselbaai in die Wes-Kaap, en Bethlehem en Welkom in die Vrystaat.

Die 2024-groendruppeluitslae in ’n neutedop:

  • Toetse gedoen op: Verwerkte rioolwater by rioolsuiweringsaanlegte
  • Aantal rioolsuiweringsaanlegte getoets: 150
  • Nasionale uitslag: 13% voldoen aan minimum standaarde.
Die groendruppelverslag.

Vanjaar se groendruppeluitslae, wat ’n aanduiding gee of riool tot ’n voldoende standaard verwerk word om veilig in die omgewing vrygestel te word is, volgens De Vaal, eweneens skokkend. AfriForum het vanjaar die uitvloei van 150 rioolsuiweringsaanlegte getoets. Slegs 13% hiervan (20 uit 150 toetse) het in 2024 aan die minimum standaarde vir storting in ’n waterhulpbron voldoen.

De Vaal sê die uitvloei van die oorgrote meerderheid rioolsuiweringsaanlegte (87%, oftewel 130 uit 150 toetse) voldoen nie aan die voorgeskrewe standaarde nie.

’n Onrusbarende waarneming is dat die uitslae van 2023 se groendruppeltoetse aangedui het dat geen verwerkte rioolwater in die Vrystaat of die Oos-Kaap aan die voorgeskrewe standaarde voldoen het nie. In 2024 is ’n verdere drie provinsies (naamlik Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal) by dié lys gevoeg.

“AfriForum se 2024-blou-en-groendruppelresultate skets ’n donker en kommerwekkende prentjie van die bestuur van Suid-Afrika se watervoorsiening- en rioolsuiweringstelsels,” sê De Vaal.

AfriForum se bestuurder vir Omgewingsake, Lambert de Klerk waarsku, dat die regering nie alleen kan vertrou word om die waterkrisis op te los nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Lynnwood padwerke - The Citizen

Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande

Guptas

Gupta-broers steeds gesoek

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ad hoc - IOL

Ad hoc-komitee finaliseer sy verslag

Fotokrediet: Groundup

SASSA funksioneer met net 44%

Ander Nuus Artikels

Israelse vlug - France 24
Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug
Fotokrediet: Daily Maverick
Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur
plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere
Lynnwood padwerke - The Citizen
Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande
Guptas
Gupta-broers steeds gesoek

Luister nou