Die departement van basiese onderwys het tydens ’n vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee onthul dat meer as 7 000 Graad R-onderwysers regoor die land nie gekwalifiseer is om in dié graad skool te gee nie.
Dis 22% van alle Graad R-leerkragte.
KwaZulu-Natal het die meeste ongekwalifiseerde onderwysers met 1 937, gevolg deur die Wes-Kaap met ’n 1 400.
Die Noordwes-provinsie gevolg deur Mpumalanga het die minste ongekwalifiseerde onderwysers in Graad R.
Die departement het ook sy kommer uitgespreek oor sogenaamde ongelykhede in klaskamergroottes, veral by Afrikaanse skole wat leerlinge glo tot 24 per klas beperk, terwyl ander skole se klaskamers oorvol is.