Luister nou

2024-matriekeindeksamen goedgekeur

Deur Pretoria FM Nuusspan

13 Januarie 2025

Meer as 1,6-miljoen matriekleerlinge het die 2024-matriekeindeksamen afgelê, waarvan 78,5% die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen.

Die raad vir gehalteverskering in die onderwys (Umalusi) het vanoggend terugvoer gegee oor die afgelope eksamen, en het ondanks enkele ongerymdhede die eksamen as geloofwaardig verklaar.

Die hoof van Umalusi, Mafu Rakometsi, het tydens die mediakonferensie gesê dat die eksamen in 9 000 amptelike eksamenlokale plaasgevind het. Hy sê Umalusi het die eksamen tussen 19 Desember en 5 Januarie gestandardiseer.

Hy het verder die eksamen as geloofwaardig bestempel, hoewel daar enkele probleme was, wat onder die loep geneem moes word. ‘n Onafhanklike skool het 30 kandidate geregistreer om die eksamen af te lê, hoewel hulle nié graad 11 geslaag het nie. Rakometsi sê gevolglik word die skool nie meer toegelaat om eksamens aan te bied nie.

Verder was daar ook bewerings van onderwysers wat van die leerlinge gehelp het om te kul.

Wat wel goeie nuus is, is dat daar vir die vierde agtereenvolgende jaar geen vraestelle uitgelek het nie. Daar was volgens Umalusi ook geen ongerymdhede wat die integriteit van die eksamen kan beïnvloed nie.

Die uitslae word môre vir matriekleerlinge in openbare skole bekend gemaak.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Fotokrediet: BusinessTech

eThekwini beplan nuwe pretpark in Durban

Ander Nuus Artikels

The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging
Placeholder_400x230
Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Luister nou