Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende

2024 as voorspoedjaar vir ons moedertaal, Afrikaans

Nuuskommentaar: 11 Januarie 2024

Deur: Alana Bailey

Die begin van ’n nuwe jaar bied aan ons die geleentheid om ’n bestekopname oor die stand en toekoms van ons moedertaal, Afrikaans, te doen.

Op die oog af floreer die taal. Feite en fiksie word in Afrikaans gepubliseer, daar is Afrikaanse musiek vir elke smaak en Afrikaanse vermaak is wyd in die werklikheid én die kuberruim beskikbaar. Binnekort word die matriekuitslae van 2023 aangekondig en ons kan verwag dat Afrikaanse skole weer uitstekend gaan presteer.

Dan is daar die keersy van die situasie. Staatsdepartemente lewer deesdae swak diens in swakker Engels – Afrikaans word selde in daardie omgewing gehoor. Pas weer word in die media genoem dat die Regspraktykraad voortaan nie meer die opsie sal aanbied dat kandidaatprokureurs hulle toelatingseksamens in Afrikaanse sal kan aflê nie. En dan is daar natuurlik nog die skaduwee van die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as BELA) wat oor die toekoms van Afrikaanse onderrig hang.

Die regering se vyandigheid jeens Afrikaans mag ons nie mismoedig maak nie, maar moet ons juis inspireer om méér te doen van ons kant af om ons taal te bevorder en beskerm.

Dit begin by eenvoudige stappe, soos om Afrikaanse besighede en diensverskaffers te ondersteun en Afrikaanse produkte te koop. Ons mediakanale, publikasiebedryf, musiek en ander uitvoerende kunste kan net oorleef as ons dit op elke moontlike manier ondersteun. Finansiële bydraes is altyd welkom, maar is nie die somtotaal van wat ons kan doen om te help nie. Selfs gratis radiostasies en aanlyn nuuskanale het ondersteuningsgetalle nodig om hulle lewensvatbaarheid aan adverteerders en reguleringsliggame te bewys.

Wat vyandige wetgewing en regulasies aanbetref, kan instellings soos AfriForum en Solidariteit nasionaal en internasionaal stappe doen om dit teen te staan, maar die publiek se hulp is onontbeerlik. Instellings se lede maak hulle sterk om aksies soos hofsake te onderneem. Ook deur petisies te onderteken en openbare protesaksies van instellings daarteen te ondersteun, kan enigeen sy stem laat hoor en ’n verskil maak.

Die publiek het tot 19 Januarie tyd om beswaar teen die BELA-wetsontwerp by die Nasionale Raad van Provinsies aan te teken. Veral die bepalings daarin wat beheerliggame van hulle finale seggenskap oor die skole se taal- en toelatingsbeleid ontneem, kan Afrikaanse onderrig en ons uitnemende skole onberekenbare skade berokken. Ons kan nie toelaat dat hierdie besluitnemingsmagte by provinsiale onderwyshoofde met bedenklike politieke agendas berus nie. Skoolgemeenskappe moet sélf hieroor kan besluit. Enigeen wat nog nie beswaar teen hierdie wetsontwerp aangeteken het nie, het nog tyd tot die 19de – meer inligting is beskikbaar by stopbela.co.za.

Vanjaar is ook weer verkiesingsjaar vir skole se beheerliggame. Ouers van skoolgaande kinders moet so gou as moontlik seker maak dat hulle inligting by die skole op datum is en besluit of hulle hulleself vir verkiesing gaan beskikbaar stel. Selfs as hulle nie beskikbaar is nie, moet hulle bepaal watter kandidate hulle kinders se belange die beste gaan verteenwoordig en sorg dat hulle vir hulle gaan stem. Dit is nog ’n manier waarop die toekoms van ons taal en ons gemeenskap beskerm kan word. Om ons pragtige moedertaal springlewendig te hou, is elke spreker daarvan se plig. As elkeen gee wat hy of sy kan, hetsy tyd, talent of finansies, kan 2024 ’n jaar van ongekende groei en bloei vir Afrikaans wees.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende