Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die afgelope nege jaar meer as 10 000 speurders aan die privaatsektor en bedankings verloor.
Die huidige hoeveelheid speurders in die polisie is tans net meer as 16 000, heelwat minder as die 27 000 ongeveer nege jaar gelede.
Die adjunk-nasionale polisie kommissaris wat verantwoordelik is vir misdaad-opsporing in die land, Shadrack Sibiya, sê die diens moes veranderings maak aan die wyse waarop sake ondersoek word weens die afname in getalle. Hy sê speurders se werkslading raak al hoe meer weens die groot hoeveelheid dossiere wat hanteer moet word.
Hy meen die enigste plek om speurders te vind, is die polisie, dus enigiemand wat ‘n speurder wil aanstel moet hulle binne die polsie kry, wat dus ‘n groot leemte laat.
Sibiya sê die speurdiens se bestuur is tans ‘n prioriteit.
2 Responses
Kry nog BBEE.
Hartseer vir ons Land met al die geweld/ diefstal korrupsie en vele meer.