Luister nou

Graffiti-boekeblad 13 November 2026

Deur Redaksie

Graffiti se Topverkopers.

10 Ouma Mollie op die plaas – Fanie Viljoen

9 Bollie Wollie & die nag voor Kersfees – Elize Parker

8 Rebekka van Kameeldoornplaas – Irma Joubert

7 Ingekluis – Tertius Janse van Rensburg

6 Ek is sy – Natalie le Roux

5 Swerwerskraal – Keina Swart

4 Anderkant die water – Ronel du Plessis

3 Op lig – Thilde Nel

2 Die seun wat bly leef het – Jacques Papenfus

1 Goedheid en guns – Sophia Kapp

 

Ben en die groot konsert – Zuléka Smit; illustreerder – Johann Strauss. R190, Luca

https://graffitibooks.co.za/products/9781779880369

Almal hou van konsert, maar Ben voel skielik nie meer so seker daaroor nie, want Juffrou het besluit dat hy die hoofrol in die skool se konsert moet speel. Wat as hy sy woorde vergeet of almal vir hom lag? Gelukkig is sy ouers en maats daar om hom raad te gee en by te staan.

In hierdie nuutste toevoeging tot die gewilde Ben-reeks deur Zuléka Smit, leer jong lesers oor selfvertroue en dat hulle enigiets saam met Jesus kan aanpak.

 

Lea en die groot konsert – Zuléka Smit; illustreerder – Johann Strauss. R190, Luca

https://graffitibooks.co.za/products/9781779881243

Lea se dag begin vrolik totdat Juffrou in die klas aankondig dat hulle konsert gaan hou. Die kinders gaan almal soos supersterre sing en dans op die verhoog. Lea voel sommer goor as sy net daaraan dink. Wat as almal vir haar lag of sy haar woorde vergeet? Maar haar boetie Ben bemoedig haar met ’n Bybelversie voor die gordyne opgaan en dit maak Lea dapper!

In hierdie lieflike verhaal leer jong lesers saam met Lea dat as ’n mens oefen, in jouself glo en nooit moed opgee nie, goeie dinge vir jou kan gebeur. Aanhouers wen!

 

Pretoria Stories 3 – Pieter Swanepoel. R240

https://graffitibooks.co.za/

Met die verskyning van Pretoria Stories 3 kan lesers nou nuwe stories oor Pretoria en sy mense ontdek.

Pretoria Stories 3 sluit aan by die vorige uitgawes (Pretoria Stories en Pretoria Stories 2), maar hierdie keer gaan dit nie net oor stories van Ou Pretoria nie, maar ook oor die Pretoria van vandag.

’n Kenmerk van al drie volumes is dat verskeie kultuurgemeenskappe betrek word om die Pretoria-mosaïek te skilder. Ingesluit in hierdie uitgawe is die Duitse, Portugese en Joodse gemeenskappe wat soveel tot die ontwikkeling van Pretoria bygedra het.

Daar is ook brokkies uit Pretoria se erfenisargief, ’n paar Pretoriana-versamelings en stories oor enkele Pretoria-voorstede, asook ’n paar townships, wat lesers se belangstelling sal prikkel.

Weer eens, iets vir almal!

 

Legkaart – Leon van Nierop. R330, Tafelberg

https://graffitibooks.co.za/products/9780624097426

Meer as tien jaar gelede het ’n rebelse jong skrywer, Simca, spoorloos tussen die verlate mynskagte bo die Brulwaterval naby Barberton verdwyn.

Haar liggaam is nooit gevind nie. Haar geheim ook nie. Nou nooi die uitgewer, Olive Warrington, ’n groep bekroonde speurverhaalskrywers na ’n afgeleë skrywerslypskool naby die plek waar Simca verdwyn het. Hul opdrag: Skryf ’n verhaal wat die verdwyning oplos. Kaptein Beer Henning moet die skrywers met inligting oor polisieprosedures bystaan. Maar voordat die eerste kortverhaal voltooi kan word, tref verwoestende oorstromings die Laeveld. Die groep word van die buitewêreld afgesny en die rivier styg gevaarlik. Dan word ’n lyk ontdek. Wanneer nog sterftes volg, besef Beer een van die skrywers is bereid om herhaaldelik moord te pleeg.

Elkeen het iets om weg te steek. Elkeen het ’n motief. En iewers tussen legkaartstukkies skuil die moordenaar se identiteit. ’n Tonekrul-lekker, knus whodunnit deur ’n immer gewilde skrywer.

 

Al hierdie boeke sowel as ander nuwe vrystellings en topverkopers is nou beskikbaar by www.graffitiboeke.co.za teen 10% afslag. Om te kwalifiseer vir ekstra 10% afslag, tik die kodewoord PTAFM in wanneer jy jou bestelling plaas.

 

KOMPETISIE – Drie gelukkige lesers kan elkeen ’n R300-Graffiti-geskenkbewys wen.

 

KOMPETISIE

Beantwoord die volgende vraag:

Wie het Lea en die groot konsert geskryf?

 

Whatsapp jou antwoord saam met jou VOLLEDIGE adres na 072 386 5997.

Inskrywings sluit Maandag 16/11/2026.

Die wenners sal lukraak gekies word en in volgende week se Nuusweek aangekondig word.

 

Alle navrae moet direk aan Graffiti gerig word by [email protected]

Wenners 6-11-2026

Koos Swanepoel

Andre Crous

Santa Stoffberg

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek –https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/11/NUUSWEEK-Uitgawe-93-13-Nov-2026.pdf

Gewilde Nuus

Luggehalte

Oorsprong van stank in Gauteng ondersoek

Fotokrediet: SwimSwam

Nog ’n Suid-Afrikaanse swemmer oorweeg ’n internasionale skuif

Hlabisa - YFM

Hlabisa maak nuwe riglyne bekend teen uitdagings

Groen ID-boek

Meer as 750 banktakke verwerk nou slim ID’s

Fotokrediet: Duurzaam Nieuws

SA Weerdiens waarsku oor hittegolf

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: KI gegenereer
Linkse partye stig gesamentlike politieke blok
Tatjana Smith
Swem SA bieg: Dit was ’n fout om Tatjana se prysgeld te weerhou
Luggehalte
Oorsprong van stank in Gauteng ondersoek
Fotokrediet: SwimSwam
Nog ’n Suid-Afrikaanse swemmer oorweeg ’n internasionale skuif
Hlabisa - YFM
Hlabisa maak nuwe riglyne bekend teen uitdagings

Luister nou