Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het meer as 700 klagtes ontvang oor verkiesingsverwante inhoud voor die plaaslikeregeringsverkiesing op 4 November.
Die meeste klagtes hou verband met plasings wat op X gedeel is.
Die hoofkiesbeampte, Sy Mamabolo sê dat sommige klagtes oor die ongemagtigde gebruik van mense se beelde deur middel van kunsmatige intelligensie handel.
Die OVK het Maandag ’n ooreenkoms met Google, Meta, Microsoft, TikTok en Moxii Africa gesluit om waninligting te bekamp.
Mamabolo sê dat oortredings kan lei tot boetes van R200 000, tronkstraf van vyf tot tien jaar of die deregistrasie van kandidate of partye.