Graffiti se topverkopers
10 Ingekluis – Tertius Janse van Rensburg
9 ’n Leeu in ’n lugballon – Daniella van Heerden
8 Ek is sy – Natalie Hayes
7 Beneweling van bloed – Pieter Stoffberg
6 Twee halwes maak ’n hele – Marita van der Vyver
5 Diereriem – Etienne van Heerden
4 Blinde kol – Martin Steyn
3 Die geskiedenis van braaibroodjies – Frans de Villiers
2 Op lig – Thilde Nel
1 Anderkant die water – Ronel du Plessis
Kallie Kakkerlak se sewe kaskenades – Riana Scheepers

Illustrasies: Elsabé Ebersöhn
https://graffitibooks.co.za/products/9780637012652
Kallie Kakkerlak is klein … maar sy planne is GROOT!
Toe tannie Chané een oggend vir Kallie Kakkerlak in haar blink kombuis sien, gil sy só hard dat die suikersakke spat en die appels oor die vloer rol! Maar Kallie besluit sommer daar en dan: Hierdie tannie moet ’n les leer!
Met sewe skreeusnaakse kaskenades laat hy tannie Chané harder en harder gil – van “kakkerlakvlerke” in ontbytkos tot vreemde verrassings in die badskuim! Maar wie gaan op die ou end die slimste wees: die mens of die kakkerlak?
Kallie Kakkerlak se sewe kaskenades is ’n skaterlagstorie vol poetsbakkery, chaos en een baie dapper kakkerlak wat glo hy is ’n supergogga!
Kallie Kakkerlak se sewe kaskenades – Riana Scheepers – R190.00 – Lapa
Volg My – Melissa Botma

https://graffitibooks.co.za/products/9780637000789
Wat beteken dit om Jesus te volg? Melissa Botma beskryf dit as ’n lewenslange reis met God. Elke dagstukkie is uit ’n preek wat sy oor die afgelope tien jaar by Mosaïek-kerk gedeel het as deel van haar roeping, verantwoordelikheid en liefde vir God en Sy mense. Die dagstukkies is in vier dele uiteengesit:
– DEEL 1: Vra vir die genade om bewus te wees van Sy Liefde
– DEEL 2: Vra vir die genade om Sy vergifnis te ervaar
– DEEL 3: Vra vir die genade om Hom te ken, lief te hê en te volg
– DEEL 4: Vra Vir die genade om soos Jesus te kan leef
Volg My: 365 dae op reis met God is ’n versameling van 365 dagstukkies deur Melissa Botma om gelowiges nader aan God te bring in hulle verhouding met Hom.
Volg My – Melissa Botma – R350.00 – Luca
Diereriem – Etienne van Heerden

https://graffitibooks.co.za/products/9780624096849
Tydens hul studentejare word drie Stellenbosch-studente gewerf as agente vir die geheimsinnige “Diereriem”: Jannie Benade, later bekend as Alfa, wat tot skatryk internasionale speler ontwikkel, Carl Goedhals, gladde Karooseun-Casanova, en die introvert Antonie Vermeulen, kodenaam Muskeljaatkat.
’n Kampustragedie verbind die drie onlosmaaklik aan mekaar. Dis die verhaal van Muskeljaatkat, wat ’n hoogs geheime, grillerige opdrag vir Alfa moet uitvoer. Muskeljaatkat is emosioneel geknak deur sy vrou, Samantha, se dood, en hy is hopeloos verlief op die briljante Cambridge-navorser Mei Hui.
Sy lojaliteit aan haar, asook Alfa se agendas, dryf hom voort van Zimbabwe na Portugal, van Malta na Italië, van Frankryk na Turkye, stuur af op ’n verrassende openbaring op die eiland Prinkipo en sluit af in Istanboel.
’n Pakkende literêre spioenasieverhaal, tragiese liefdesverhaal, reisverhaal én biegroman. Diereriem is ’n grootse werk, ’n verrassende wending in Van Heerden se reeds breë oeuvre.
Diereriem – Etienne van Heerden – R370.00 – Tafelberg
Al hierdie boeke sowel as ander nuwe vrystellings en topverkopers is nou beskikbaar by www.graffitiboeke.co.za teen 20% afslag.
KOMPETISIE – 3 Lesers kan elkeen ’n R300-Graffiti-geskenkbewys wen.
Antwoord die volgende vraag:
Wie het Diereriem geskryf?
Whatsapp jou antwoord saam met jou VOLLEDIGE adres na 072 386 5997
Inskrywings sluit Maandag 19 Oktober 2026
Die wenners sal lukraak gekies word en in volgende week se Nuusweek aangekondig word.
Navrae moet direk aan Graffiti gerig word by [email protected]
Wenner 3 Oktober 2026
Magda Durie – Rustenburg
Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek –https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/10/NUUSWEEK-Uitgawe-88-16-Okt-2026.pdf