Luister nou

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Deur Redaksie

Die Suid-Afrikaanse Unie vir Spraakvryheid (FSU-SA) sê hulle veroordeel die voorstel van Supra Mahumapelo, voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor internasionale betrekkinge en samewerking, om wetgewing in te dien wat Suid-Afrikaners van hul burgerskap sou kan ontneem omdat hulle dit wat volgens Mahumapelo waninligting sou wees, in die buiteland versprei.

Mahumapelo het AfriForum, Solidariteit, Lex Libertas en die Vryheidsfront Plus uitgesonder en na hulle skakeling in Washington verwys. Die minister van internasionale betrekkinge, Ronald Lamola, het die breër oproep tot optrede teen beweerde waninligting gesteun en aangedui dat die uitvoerende gesag moontlike maatreëls sal ondersoek om dit moontlik te maak.

Die uitvoerende direkteur van FSU-SA, Mark Oppenheimer, sê die gebeure hou ’n ernstige bedreiging vir vryheid van uitdrukking in.

“Suid-Afrikaners moet vry wees om hul regering te kritiseer, ook wanneer hulle ’n internasionale gehoor toespreek. Om politici die mag te gee om ’n kritikus se burgerskap te bedreig, sou ’n buitengewone wapen in die hande plaas van juis die mense wie se optrede bevraagteken word.”

Oppenheimer het in ’n verklaring na twee artikels in die Grondwet verwys. Dit sluit in artikel 16 van die Grondwet wat vryheid van uitdrukking, insluitend die uitruil van inligting en idees, beskerm en artikel 20 wat soos volg lees: “Geen burger mag van burgerskap ontneem word nie.” Oppenheimer sê enige voorgestelde beperking van hierdie regte moet aan die vereistes van artikel 36 voldoen, insluitend dat dit redelik en regverdigbaar moet wees in ’n oop en demokratiese samelewing. Volgens Oppenheimer kan politieke verleentheid nie die ontneming van burgerskap vir wettige spraak regverdig nie.

“Om kritiek as ‘waninligting’ te beskryf, ontneem dit nie outomaties sy grondwetlike beskerming nie. Artikel 16(2) bevat spesifieke uitsluitings van die reg op vryheid van uitdrukking; dit skep geen algemene uitsondering vir stellings wat ’n minister as vals beskou nie. Beperkings op beskermde uitdrukking moet steeds aan die Grondwet voldoen.”

Oppenheimer sê die regering is daartoe geregtig om bewerings te betwis, bewyse te publiseer en sy beleid te verduidelik, maar daar moet ook aanvaar word dat burgers sy weergawe kan bevraagteken, sy gevolgtrekkings kan betwis en steun vir verandering kan soek.

FSU-SA doen ’n beroep op Mahumapelo om sy voorstel terug te trek, op die parlement om enige poging te verwerp om burgerskap afhanklik te maak van politieke konformiteit, en op Lamola om te bevestig dat Suid-Afrikaners vry sal bly om wettig voorspraak in die buiteland te maak.

“Elke Suid-Afrikaner moet dié wat hulle regeer, kan uitdaag sonder om te vrees dat hul reg om aan hierdie land te behoort, op die spel is.”

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek –https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/10/NUUSWEEK-Uitgawe-88-16-Okt-2026.pdf

Gewilde Nuus

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

DNS-toetse

Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk

Fotokrediet: Smile FM

SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig

Ander Nuus Artikels

Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026
Fotokrediet: Daily Maverick
Suliman Carrim in hegtenis geneem
Fotokrediet: Freedom Front Plus
Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

Luister nou