Luister nou

BLO handel ondersoek na Airlink se verbyvlug af

Deur Walter Ernst

Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (BLO) het sy ondersoek afgehandel na die verbyvlug deur twee Embraer 190-stralers van Airlink bo die DHL-stadion in Kaapstad.

Dié verbyvlug, wat op 29 August voor die Springbok-toets teen die All Blacks plaasgevind het, het wêreldwyd opslae gemaak en ernstige vrae oor veiligheid en lugvaartregulasies laat ontstaan.

Die BLO het bevestig dat sy bevindinge reeds aan die lugredery vir terugvoer oorhandig is.

Lees ook: Verbyvlugte by sportgeleenthede – Word dit te ver gevoer?

Airlink hou vol dat die vlug uitgevoer is binne die BLO se goedgekeurde veiligheidsmaatreëls.

Volgens Flightradar24, ’n wêreldwye diens wat intydse vlugopsporingsinligting op ’n interaktiewe kaart verskaf, het Airlink se vliegtuie sowat 41 voet tot 46 voet (12,5 m tot 14 m) bokant die bopunt van die stadion, wat ongeveer 50 m hoog staan, verby gevlieg.

Hoewel die inhoud van die verslag nog nie bekend gemaak is nie, wag die owerheid op Airlink se weergawe voordat enige stappe oorweeg word.

Die BLO waarsku egter dat hulle nie sal huiwer om streng maatreëls in te stel indien oortredings aan die lig kom nie.

 

 

Gewilde Nuus

Business finance and investment concept, Capital gain world money economic growth. coin stack financial graph chart, market report on cash currency concept.

IMF voorspel sterker wêreldwye groei danksy KI-hupstoot

Fotokrediet: The Mail & Guardian

President Cyril Ramaphosa: Transformasie van landbou is noodsaaklik

Matriekeksamen - Netwerk 24

Matriekleerlinge begin vandag met NSS-eksamen

Aanlyn dobbel

SNI-verslag lê euwel van die aanlyn dobbelbedryf bloot

Fotokrediet: Weet

VN se armoede-indeks styg

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Reuters
Brand verwoes oudste kosmark in Parys
Fotokrediet: Zoutnet
Reusewyfie luislang word by strand aan die suidkus gered
Business finance and investment concept, Capital gain world money economic growth. coin stack financial graph chart, market report on cash currency concept.
IMF voorspel sterker wêreldwye groei danksy KI-hupstoot
Fotokrediet: The Mail & Guardian
President Cyril Ramaphosa: Transformasie van landbou is noodsaaklik
Matriekeksamen - Netwerk 24
Matriekleerlinge begin vandag met NSS-eksamen

Luister nou