Graffiti se topverkopers
10 Sterre is vir altyd – Sophia Kapp
9 Enigma – Rudie van Rensburg
8 My gunstelinggebedsjoernaal – LUCA
7 Jagspinnekop – Erla Diedericks
6 Twee halwes maak ’n hele – Marita van der Vyver
5 Douwenis – Daniël Lötter
4 Rebekka van Kameeldoornplaas – Irma Joubert
3 Grensloos – Wilna Adriaanse
2 Blinde kol – Martin Steyn
1 Op lig – Thilde Nel
Liewe Heksie en die rotbende – Verna Vels

Illustrasies: Luma Animation Studio
https://graffitibooks.co.za/products/9780798186070
Liewe Heksie se grootste avontuur nog!
In hierdie splinternuwe, voorheen ongepubliseerde verhaal deur die legendariese Verna Vels, bedink die nare Geelheks van Gifappeltjieland en ’n bende honger rotte ’n plan om die kosbare Silwer Roos te steel.
Liewe Heksie en haar vriende word meegesleur in ’n dolle jaagtog om Blommeland te red, met ’n vlieënde piering wat moleste maak, ’n hondskoen wat die Gifappeltjies wil byt, en koning Rosekrans se verjaardagviering wat in chaos ontaard! Vir meer as sestig jaar het Liewe Heksie geslagte Afrikaanse lesers, jonk en oud, betower met haar herkenbare onskuld en moed.
Met haar radioprogramme, boeke en televisiewerk het Verna Vels ’n onuitwisbare wêreld van verbeelding nagelaat. Hierdie betowerende boek, met sy oorsprong in Verna se samewerking met die animasiekunstenaar Allan Cameron en Luma Animation Studios, word al die geliefde karakters en stories saamgeweef om Liewe Heksie se tydlose towerkrag vas te vang soos nog nooit tevore nie.
Liewe Heksie en die rotbende – Verna Vels – R285.00 – Human & Rousseau
My lewe van oorwinning – Joyce Meyer

https://graffitibooks.co.za/products/9780796324122
In hierdie eerlike en roerende memoires deel die geliefde TV-persoonlikheid en topverkoperskrywer Joyce Meyer die onvergeetlike verhaal van haar moeilike grootwordjare, haar roeping vir die bediening en God se genesende hand op haar lewe.
Ná haar pa se terugkeer van die Tweede Wêreldoorlog word sy groot in omstandighede verwring deur meedoënlose woede en seksuele misbruik. Tog is dit uit hierdie traumatiese beginjare dat sy na vore tree as ’n baanbreker op vele terreine. Haar verhaal is ’n lewende getuienis van God se vermoë om selfs diegene wat die diepste gewond is te genees en te verlos.
My lewe van oorwinning vertel hierdie verhaal met dieselfde onwrikbare eerlikheid, vasberade geloof en verrassende humor wat Joyce se onderrig oor die afgelope vyf dekades gekenmerk het.
My lewe van oorwinning – Joyce Meyer – R320.00 – LUX VERBI
Beneweling van bloed – Pieter Stoffberg

https://graffitibooks.co.za/products/9781776381210
Professor Nino Everhard se verlede kom haal hom in.
’n Ongehude student laai haar baba in die middel van die nag by omstrede teologieprofessor Nino Everhard af.
Dan bel ’n jong meisie op die vlug uit prostitusie hom om haar te red. Hulle het al vantevore ontmoet. Hy wil sy polisievriend Buks betrek, maar dié word in ’n dodelike lokval gelei. Intussen moet hy ook nog probeer om sy huwelik te red. En dis nog net die eerste dag. Van ver in Afrika word veertien vreesbevange meisies afgevoer na ’n donker toekoms in Kaapstad. ’n Huurmoordenaar met wraak in sy hart is op die spoor van ’n baba en die vrou wat sy lewe verwoes het.
Te midde van hierdie storm staan die benewelde Nino Everhard. Binne 16 dae gaan sy hele lewe onherroeplik verander.
Beneweling van bloed – Pieter Stoffberg – R350.00 – Penguin Random House SA
Al hierdie boeke sowel as ander nuwe vrystellings en topverkopers is nou teen tot 20% afslag beskikbaar by www.graffitiboeke.co.za
KOMPETISIE
Drie gelukkige lesers kan elkeen ’n Graffiti-geskenkbewys van R300 wen.
Antwoord die volgende vraag:
Wie het Liewe Heksie en die rotbende geskryf?
Whatsapp jou antwoord saam met jou VOLLEDIGE adres na 072 386 5997
Inskrywings sluit Maandag 12 Oktober 2026.
Die wenner sal lukraak gekies word en in volgende week se Nuusweek aangekondig word.
Alle navrae moet direk aan Graffiti gerig word by [email protected]
Wenner: 3 Oktober 2026
Magda Durie – Rustenburg
Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/10/NUUSWEEK-Uitgawe-87-09-Okt-2026.pdf