Die Onafhanklike Verkiesingskommissie se jongste verslag oor politieke befondsing wys Suid-Afrikaanse politieke partye het in die 2024/25-boekjaar net meer as R230 miljoen se private skenkings verklaar.
Die DA was die grootste begunstigde met sowat R68-miljoen, gevolg deur die ANC met ongeveer R53-miljoen.
Lede van die Oppenheimer-familie het altesaam R60 miljoen rand aan die DA, IVP en Rise Mzansi geskenk.
Die dobbel-entrepreneur Martin Moshal het meer as R26 miljoen rand aan ActionSA, BOSA en die IVP geskenk.
Die OVK waarsku egter dat sommige partye steeds nie hul befondsing volledig verklaar nie.