Luister nou

Jy hoef nie jou boorgat te registreer nie

Deur Redaksie

Die Organisasie Teen Belastingmisbruik, OUTA, sê die Departement van Water en Sanitasie (DWS) het bevestig dat huishoudings wat boorgatwater vir redelike huishoudelike gebruik aanwend, nie hul watergebruik hoef te registreer nie.

Die organisasie het die departement om duidelikheid gevra nadat ’n regeringskennisgewing en die departement se onlangse 90-dae-watergebruiksregistrasieveldtog groot verwarring veroorsaak het. Die uitvoerende bestuurder by OUTA, Julius Kleynhans, sê baie huiseienaars wat van boorgate afhanklik is weens onbetroubare munisipale waterdienste, het geglo hulle kan boetes of selfs strafregtelike vervolging in die gesig staar indien hulle nie registreer nie.

Hy sê die bevestiging bring regsekerheid vir duisende huishoudings wat weens swak munisipale waterdienste op boorgate staatmaak.

Die organisasie beklemtoon egter dat kommersiële, landbou- en ander hoëvolumegebruikers steeds verplig is om hul watergebruik te registreer.

“Suid-Afrikaners behoort nie vervolging te vrees bloot omdat hulle ’n boorgat laat installeer het om water te laat vloei wanneer munisipale stelsels faal nie. Ons het die DWS namens besorgde inwoners genader, en ons verwelkom die departement se vinnige reaksie om die regsposisie vir huishoudelike boorgatgebruikers duidelik te maak.”

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek –https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/07/NUUSWEEK-Uitgawe-76-24-Jul-2026.pdf

Gewilde Nuus

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ad hoc - IOL

Ad hoc-komitee finaliseer sy verslag

Fotokrediet: Groundup

SASSA funksioneer met net 44%

Padlangs

Nie almal is swemmertjies nie!

Tempo

Hoekom is advies nodig wanneer u batebeskermingsversekering koop?

Ander Nuus Artikels

plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere
Lynnwood padwerke - The Citizen
Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande
Guptas
Gupta-broers steeds gesoek
Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images
Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie
Ad hoc - IOL
Ad hoc-komitee finaliseer sy verslag

Luister nou