Luister nou

AfriForum bied veiligheidsopleiding aan weermag

Deur Walter Ernst

Die burgerregteorganisasie AfriForum het aangebied om die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) te help met veiligheidsopleiding ná ’n reeks inbrake en wapendiefstal by basisse in Gauteng.

Volgens AfriForum se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, is dit ’n groot risiko vir nasionale stabiliteit dat weermagbasisse herhaaldelik deur sindikate geteiken word.

Broodryk sê dat dit onaanvaarbaar is dat buurtwagte beter sekuriteit as strategiese militêre punte toepas.

“Dit is daarom kommerwekkend dat gemeenskapsveiligheidstrukture en buurtwagte toenemend sekuriteitsmaatreëls toepas wat meer effektief blyk te wees as dié wat tans sekere strategiese militêre fasiliteite beskerm,” sê Broodryk.

Die burgerregteorganisasie sê dat ’n volledige ondersoek van stapel gestuur moet word na die skynbare betrokkenheid van sindikate en beweerde interne samespanning by hierdie voorvalle.

“As misdadigers op verskeie geleenthede militêre persele kan binnedring, kommunikasiekabels oor etlike nagte sny en later terugkeer om die infrastruktuur te verwyder sonder om onderskep te word, moet ernstige vrae gevra word oor sekuriteit, interne beheermaatreëls en risikobestuursprosesse.”

 

Gewilde Nuus

Petrolpomp brandstof

Regering maan teen brandstof-paniekaankope

Bemarkingsoproepe

Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Fotokrediet: EWN

Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Ander Nuus Artikels

Matrieks
Umalusi gereed vir matriekeindeksamen ondanks tekort aan nasieners
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op die jongste plaasmoord
Fotokrediet: Remitly
SA se finansiële vertroue bly stabiel
Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Luister nou