Luister nou

Fadiel Adams vasgetrek

Deur Walter Ernst

Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, is vanmiddag deur die taakspan teen politieke moorde in hegtenis geneem.

Dit volg nadat ’n J50-lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik is weens aanklagte van bedrog en dwarsboming van die gereg.

Hy het na bewering ingemeng by ondersoeke na die moord op die voormalige leier van die ANC Jeugliga, Sindiso Magaqa.

Volgens die nasionale polisiewoordvoerder, brigadier Athlenda Mathe, het Adams versuim om by ’n polisiestasie in Kaapstad aan te meld soos voorheen met sy regspan ooreengekom is.

Hoewel die polisie reeds verskeie persele deursoek het, ontken Adams enige oortreding en beweer dat hy geteiken word omdat hy korrupsie ontbloot. Hy sou na verwagting homself môre aan die polisie oorhandig het.

 

Gewilde Nuus

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Luister nou