Die LUR vir onderwys in Gauteng, Lebogang Maile, sê die onderwysstelsel in die provinsie is steeds onder groot druk weens vinnige bevolkingsgroei, oorvol skole en beperkte hulpbronne.
Hy het tydens ’n mediakonferensie gesê leerdergetalle het sedert 1995 met meer as 100% tot meer as 2,8 miljoen gestyg , met duisende nuwe leerlinge wat elke jaar bykom.
Maile sê egter die provinsie het groot vordering gemaak met beter toegang tot skole, laer uitvalsyfers en verbeterde matriekuitslae.