Die DA het Sondag tydens sy federale kongres in Midrand in Johannesburg sy nuwe leiers bekendgemaak. Meer as 2 100 DA-afgevaardigdes het om 06:00 op die tweede dag van die kongres vir die onderskeie kandidate gestem.
Federale leier
Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad.
Federale voorsitter
Solly Msimanga, DA-leier in Gauteng.
Federale adjunkvoorsitter (drie poste)
Siviwe Gwarube, DA se minister van basiese onderwys; Cilliers Brink, DA se burgemeesterskandidaat in die Tshwane-metro; Solly Malatsi, minister van kommunikasie en digitale tegnologie.
Voorsitter van die federale raad
Ashor Sarupen, adjunkminister van finansies.
Adjunkvoorsitter van die federale raad (drie poste)
JP Smith, Kaapse burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid; Thomas Walters, Wes-Kaapse LPW; Carl Pophaim, Kaapse burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings.
Finansiële voorsitter
Dr. Mark Burke, DA-LP.