Die presidensie sê die proses om Suid-Afrika se verhouding met die VSA te herstel, is steeds aan die gang en die land bly verbind tot konstruktiewe dialoog om bestaande meningsverskille op te los.
Dit volg nadat Suid-Afrika van die G7-byeenkomste in Frankryk in Junie uitgesluit is, vermoedelik weens druk van die VSA, ’n lid van die forum van ontwikkelde lande.
Die woordvoerder in die presidensie, Vincent Magwenya het egter beklemtoon dat Suid-Afrika se bilaterale verhouding met Frankryk onaangeraak bly.
Die uitnodiging is deur Franse president Emmanuel Macron tydens die G20-leiersberaad in Johannesburg in November teruggetrek.
Magwenya sê Suid-Afrika bly bereid tot dialoog met die VSA om die dispuut oor kwessies soos swart ekonomiese bemagtiging en onteiening op te los.
Die VSA het ook Suid-Afrika van vanjaar se G20-byeenkomste in die land uitgesluit, ondanks dat Suid-Afrika ’n lid is en verlede jaar die gasheer was.