Die departement van minerale en petroleumhulpbronne sê daar is tans geen planne om verligtingsmaatreëls vir motoriste aan te kondig voor April se verwagte brandstofprysstygings nie.
Volgens die Sentrale Energiefonds se jongste data kan petrol met meer as R5 per liter styg, terwyl diesel met meer as R9 per liter kan toeneem.
Dit is hoofsaaklik weens die konflik in die Midde-Ooste.
Motoriste sal ook met verdere heffings gekonfronteer word, insluitend die algemene brandstofheffing, koolstofbelasting en die Padongelukkefonds-heffing.
Die departement sê brandstofpryse sal later dié week amptelik aangekondig word, en enige moontlike ingrypings sal deur regeringskanale bekend gemaak word.