’n Verslag van die Tshwane-metro het onthul dat dienslewering in duie stort weens buitensporige vlakke van siekteverlof onder amptenare.
In die afgelope boekjaar is meer as 142 000 werksdae verloor – wat op ’n verlies van sowat 390 kalenderjaar se produktiwiteit dui. Volgens ’n VF Plus-raadslid in die Tshwane-metro, Roché Grebe, sê hoewel infrastruktuur soos paaie en waternetwerke agteruitgaan, die stadsbestuur niks hieraan doen nie.
Die VF Plus eis ’n dringende ondersoek na siekteverlofpatrone, veral op Maandae en Vrydae. Daar word óók geëis dat mediese sertifikate streng geverifieer word en dissiplinêre stappe geneem word teen werknemers wat die stelsel misbruik.
Grebe sê sonder voldoende ingryping en ’n nuwe kultuur van pligsgetrouheid, kan die munisipaliteit nie sy gemeenskap effektief dien nie.