Die hooggeregshof in Bloemfontein het vandag beslis dat die oudpremier van die Vrystaat Ace Magashule, se voormalige assistent, Moroadi Cholota, wel strafregtelik vervolg mag word.
Regter Philip Loubser het Cholota se spesiale pleit rakende die hof se jurisdiksie van die hand gewys.
Ten spyte van vrae oor haar uitlewering uit Amerika, het die hof bevind dat daar genoegsame gronde is vir die klagte teen haar. Cholota word saam met Magashule en ander beskuldigdes deur talle aanklagte van bedrog en korrupsie in die gesig gestaar wat voortspruit uit die omstrede R255 miljoen-asbesdaktender.
Die regter het gesê dat Cholota se vervolging nie op kwaadwilligheid berus nie, wat die weg vir die voortsetting van dié hoëprofielsaak baan.
Fotokrediet: Gallo Images/Mlungisi Louw