Luister nou

Misdadige wetstoepassers stééds in diens

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die DA is van die standpunt dat die ANC/EFF-koalisie in die Ekurhuleni-metro misdadige wetstoepassers in dié metro se polisiedepartement beskerm.

’n Oudit het in 2022 250 gevalle van onwettighede in die Ekurhuleni-metropolisiedepartement blootgelê. 83 van dié sake is verhoorafwagtend en 167 beamptes het bevestigde kriminele rekords.

Die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, Sizakele Masuku, het egter aan die DA bevestig dat geen van die betrokke beamptes sedertdien geskors óf ontslaan is nie.

Masuku het aangedui dat ’n forensiese ondersoek aan die gang is, maar die DA-raadslid, Jaco Terblanche, meen dis lakse leierskap.

Die DA skaar hom by Suid-Afrikaanse wetgewing  – insluitend die Strafproseswet – wat bepaal dat geen wetstoepassingsbeampte ’n kriminele rekord mag hê nie.

Die party sal die aangeleentheid aan die Openbare Beskermer en die minister van polisie deurgee.

Gewilde Nuus

Sakekamer

Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self

AfriForum

Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Internasionale Perspektief nuut

Kan die ongemaklike linkse huwelik hou?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 25 September 2026

Rooikruis

Kritiek pla Roets nie

Ander Nuus Artikels

Tempo
Hoekom is advies nodig wanneer u batebeskermingsversekering koop?
Dr.-Theo-de-Jager-2
Saai: Privatiseer Onderstepoort Biologiese Produkte
Polisiebeamptes
Polisie sal nie rus tot waarheid oor moorde ontbloot is
Sakekamer
Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self
AfriForum
Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Luister nou