Walter Ernst
Meer as vierduisend leerlinge wat nie by skole in Gauteng geplaas is nie, sal glo by sewe nuwe skole op verskeie plekke in die provinsie geplaas word.
Die LUR vir onderwys, Matome Chiloane, sê die besluit is geneem nadat die departement bekendgemaak het dat bykans vyfduisend leerlinge in die provinsie nog nie by skole geplaas is vir die 2026 akademiese jaar nie. Die meeste gevalle is in die noorde van Ekurhuleni en in die ooste van Johannesburg aangeteken.
Dit sluit digbevolkte gebiede soos Thembisa, Ivory Park en Midrand in. Hy sê hulle is in die proses om met die ouers van leerlinge wat geraak word te praat.